"Halfmensbome, 'n Nama-legende" deur PETRA MULLER [boodskap #37436] |
Do, 30 November 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
HALFMENSBOME, N NAMA-LEGENDE
Petra Muller
Die Ou-Goed op die vlug,
mos, nes die vrou van Lot,
het gebly staan en trug
land toe geroep: o my land!
Toe het die Groot Een hulle omgepluk,
koppe halfpad omgekrenk in die koerse
van die Ou-Werf, en hulle net daar geplant:
Nou kyk tot julle uitgekyk is, moerskenners,
moet ek dan ewig stoei met mens wat nie wil
gaan waar ek gebie nie; hou op swerf!
Dis wat ons gehoor het. Maar waarvandaan gekom,
waarheen op pad, dit weet ons nie,
behalwe, aan die beurstaan kan jou blote oog
dit sien: dit was 'n gees
van opperste verlang gewees.
|
|
|
Re: "Halfmensbome, 'n Nama-legende" deur PETRA MULLER [boodskap #37496 is 'n antwoord op boodskap #37436] |
Vr, 01 Desember 2000 02:39 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sue wrote:
> k is amper te bang om te vra (nadat Tobie my so uitgetrap het oor
> beterweterigheid ens), maar wat is "halfmensbome"?
> En waar leef die "nama's"
>
Die Nama's, voordat hulle as stamgroep uitgeroei en versprei
is, het natuurlik in Namakwaland gebly. Namakwaland is aan
die westelike deel van SA, ongeveer noordwes van die area
wat die Boland heet ('n Mediterreense klimaatstreek).Dit is
suidwes van "Boesmanland" wat lank gelede as die area van
die San beskou is. Die halfmensbome waarna verwys word,
groei meestal in die Richtersveld, suid van die Oranje.Ek is
nie seker of dit aangeneem word dat die Richtersveld in
Namakwaland is nie.
Namakwaland is veral beroemd vir die lenteblomme wat
in goeie jare daar groei (wanneer die winterreëns van die
Boland verder noord as gewoonlik ook val.)
Gloudina
|
|
|